Die skouspelagtige Classics is Junie terug in Pretoria en musiek word vanjaar gevier. Ons het agter die gordyn gaan inloer en met Barry Pretorius, kreatiewe regisseur van die konsert gesels.
Wat is Classics, die konsert?
Classics is ’n viering van die grootste pop, rock en musiekblyspel treffers van álle tye. ’n Absolute extravaganza van klank, talent en nostalgie. Die kunstenaars in Classics is van ons land se voorste sangers en met ’n vol simfonie-orkes, wêreldklas dansers en die beste tegniese span in die industrie, beloof Classics om weereens asems weg te slaan.
Wanneer beplanning vir so ’n konsert afskop, waarmee begin julle gewoonlik eerste?
Dit neem sowat ’n jaar om Classics te vervaardig – alles van konseptualisering tot repertoire tot verwerkings en dan uiteindelik repertisies. Net die skryf en verwerking van die musiek neem sowat ses maande. Ons is ’n reuse span wat op die produksie werk. Ons mus
Continue reading…